Canis Africanis

by Leon Jacobs

Lokasiebrak is ‘n onsigbare sinkplaat
gebuig, só:

Een oor op en een af
meester van oorlewing en
blydskap in haar stert

- wanneer die albasters stroom
uit God se aar en val en
kletter op die plaat
dan vorm daar lokasiebrak.