Losskakel
by Leon Jacobs
Die gras is groen soos
koring onder sy stewels
onder sy hurkende bene
waar hy troon oor die eier
op die hoop van sand.
Hy stel die bal en
bekyk die pale en dink
oor die vorm van die sfeer
hoe dit voorkom
soos die vrug van als.
‘n Traan rol oor sy wang
en val op die gras
stadig soos die eggo
van die fluit
in die ref se mond -
wat smeer; laag en lui
deur die kronkels van ‘n kloof.
Die druppel biggel-land hop
op ‘n lem van gras
en rol tot in die sand
waar dit wegsak
na die diep waar
daar
geen
klank
is
nie -
net die gedreun van vyftien mans
wat hardloop met een doel:
om die moffie te duik.