Loxodonta africana
by Leon Jacobs
Olifant is ‘n onsigbare sinkplaat
gebuig, só:
Bol van kreukelhuid
‘n ryk op vier pilare
glip geruisloos oor
- wanneer die albasters stroom
uit God se aar en val en
kletter op die plaat
dan vorm daar olifant.
Olifant is ‘n onsigbare sinkplaat
gebuig, só:
Bol van kreukelhuid
‘n ryk op vier pilare
glip geruisloos oor
- wanneer die albasters stroom
uit God se aar en val en
kletter op die plaat
dan vorm daar olifant.