Ek is

by Leon Jacobs

In die veelvoud
ná die ontploffing
van die enkelvoud,
sweef ‘n trossie selle
wat ander is as die ander,
want binne-in groei ‘n draadjie
tussen die ek en die is.