Kartografie

by Leon Jacobs

Stippellyne getatoëerd op die kaart
van onder na bo en links na regs
dwarsoor die oppervlakte van die aard.

Hier is die oseaan Indies,
en duskant die streep Atlanties.
Balties.
Kaspies.
Suid-Sjina See.

My vingerpunt vaar
deur die Straat van Gibraltar.

Maar die tsoenami ken geen perke nie.