Vlees
by Leon Jacobs
Vlees is ‘n see
van water en bloed
en snot en goed.
Dis die siel wat stu
om ‘n dein te laat verskyn
momenteel as Abraham Johannes Smit
in lewe, ‘n loodgieter
van die Winburg distrik.
Ouderling.
Vader.
Egbreker.
Lewenslank begaan oor bakore.
Vlees is ‘n see
van water en bloed
en snot en goed.
Dis die siel wat stu
om ‘n dein te laat verskyn.