Innerlike monoloog van ‘n kat

by Leon Jacobs

Die kat strek voor die herd,
rol sy moëe lyf op in ‘n bol
en vra homself nie af nie:

- waarom het God sy oë gesluit
toe my broer oor die straat hol?
- was ek maar iets anders gewees
soos ‘n hingse perd?
- moes ek liefs die duifie spaar
want daar was eiers in die nes?

Die kat strek voor die herd
en lek homself poot tot stert
want ‘n kat is wat ‘n kat is.